Gebroke windpomp
Gebroke windpomp (Goud)
so ry ons mos
deur die klein karoo
eenkant staan
die windverwaaide meul
verlate teen die horison
ja, sug pa hard en swaar
en bly dan ‘n wyle stil
dan kyk hy verward na ma
en sê in ‘n hartseer stem
“maar my magtig vrou,
daai ouman op die vaal horison
is nou mos werklikwaar
skoon moer-toe gepomp”
© Anzé Bezuidenhout
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.