Web
Web
Vasgevang in ‘n genadelose web
‘n web van seer, pyn, rou en grou
web drade wat die hele wese toespin
ongenadiglik is die sielsrowende geveg
geveg vir oorleweing, nie in die vlees
tog diep vasgespin binne in die gees
‘n web wat weerstand bied teen die eie mens
wat verlange na iets ontketen, iets onbekend
wat kan ‘n toegespinde siel bied in hierdie holte
selfverwyt, minag, weerloos en onbeminde vrees
‘n web wat ek self stadig maar seker toegelaat het
toeglaat dat mense net kon trap, loop en verkoop
my siel vekoop deur slaaf te word van bloedsuiers
hulle vat net en vat net, ek staan bakhand alleen
uit hierdie web moet ek kom, dit beheer my sinne
gedagtes, gedagtes, stop! stop! stop! ek kan nie meer
in hierde gespinde kokon sien ek lig in die donker
effe lig wat eindelik my siel bereik, ek sien die lig
buite in die lig is nog webdrade, baie van hulle
dan pak die angs en vrees, nog! nog! nog!
ek kyk weer, hulle is silwer en goue drade, so mooi
dis my redding, Hom waraan ek altyd net vasklou
Kopiereg ©Wilfred (Willy) Funchal
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.