Skaduwee
Skaduwee
My wese verkrummel, die stukke spat oor die sinne
sinne van wesens wat trap op ‘n ander vir genot
‘n nuwe dag begin met ‘n nuwe bladsy, ek skryf
more se bladsy is nog skoon, as hy oopmaak
die gisters se blaaie, is klaar, ek het dit geskyf
dit gelees, my keuse, kan ek leer uit die boek
die blaaie, dit kan verbrand word, ek kan dit hou
een gedagte bly verseker, die gisters se blaaie
dis verby, die nood om dit oor en oor te lees
dit is soos skaduwees, die lig is voor, die verlede agter
Kopiereg ©Wilfred (Willy) Funchal
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.