Leer my die kuns
Om myself te gee
nog ‘n bietjie meer
salf aan eina’s-
van gister te smeer
Leer die wag
voor my mond –
om te oordink
slegs dan te praat
Leer my arms
om uit te reik
na flenterharte –
binne my bereik
Leer my om meer
as net lief te hê
aandagtig te luister –
na wat ander sê
Leer my lense
om prag te aanskou
afstootlike beelde –
ekstern te hou
Leer my oorskulp
om golwe te blok
kras, kru-woorde –
te bêre in ‘n hok
Leer my tog net
om myself te wees
sonder voorgee –
niks te mag vrees
2 Kommentare
-
neels
Ek sien in hierdie werk n pragtige gebed wat ons almal elke dag behoort te bid
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Niel Cloete
Ek het nou baie lekker gelees ^-^ Dankie vir die deel !