
So Bittersoet
Warm op my Lippe
Soek ek jou
In my hande
Toegevou
Op my tong
Jou bittersoet
Wat my oppad
na droomland groet
Met koffiebruin oë
Sluk jy my in
En ‘n oomblik saam met jou
Was ‘n oomblik te min
Net soos laas nag
Soek ek jou weer
‘n Koppie vol van jou
En ‘n lepeltjie meer
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.