Ou Koeie
Koes-koes, eina!
My kop is al foosseer
van jou altose traandrup-gekef –
ja, van al die ou koeie
(maar min wat tref) …….
wat jy vandag weer teen hom aangooi –
en nes ek dag die sloot is nou leeg
dan kom jy eers met nog ñ halfdosyn kallers
oorhoeks opdreef.
Maar toemaar, hoor my lied,
eendag is eendag
dat ek hulle algar sowaar
nog morsvrekdoodskiet!
Tsssssk ………….. ja.
©Elizabeth Greef
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Lekker humoristies Elizabeth