Jongste aktiwiteit:

Ou Koeie

Koes-koes, eina!
My kop is al foosseer
van jou altose traandrup-gekef –
ja, van al die ou koeie
(maar min wat tref) …….
wat jy vandag weer teen hom aangooi –
en nes ek dag die sloot is nou leeg
dan kom jy eers met nog ñ halfdosyn kallers
oorhoeks opdreef.

Maar toemaar, hoor my lied,
eendag is eendag
dat ek hulle algar sowaar
nog morsvrekdoodskiet!

Tsssssk ………….. ja.

©Elizabeth Greef




2 Kommentare

Lewer Kommentaar

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pieter Mostert het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Rikus het n geregistreerde lid geword