Voorgee
Voordoen
Glasies stram in die hand
in ‘n ongemaklike stywe stand
dan klink ‘n silwerlag,
‘n spontaanlag wat soos towerslag
die aand van stroefheid suiwer
wat om almal huiwer en die
spiere verslap en
ontspan asof in ‘n grap—
Waarom altyd so sedig deftig
bang die etiket se borrel bars,
gemaak nonchalant die glasies lig
maar eenvoud binne voel geen snars
en lê knus verskuil maar net veldiep
en oë vonkel van plesier
oor die deftige spektakel
van almal sierlik opgetakel
die gemaklike self tuis tydelik vergete
by lekker huispantoffels bietjie verslete—
Janetta- Helena (Babs) ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.