Jongste aktiwiteit:

Groenman

die punt van sy vinger
in elke sel,
sprei die groen kleurloos
oor iedereen se vel

: jy dans in die drome
van mensvlees
en ritsel saans gedagtes
deur die verstand se bome

: jy vloei in ieder hand
se aar,
soos lyne
in ‘n rougroenblaar

my laaste asem
bemaak ek aan jou,
en laat jou sagte grond
my uiteindelik
weer omvou
geplant
:soos ‘n jong saadijie
vir ‘n Nuwe Tyd




1 Kommentaar

  • Inkmoderator

    Ek dink dit is 'n besonders interessante en slim gedig hierdie. Ek interpreteer dit as die alombekende teraardebestellings woorde: 'stof is jy en tot stof sal jy terugkeer'. Die vers is geslaag en die enigste voorstel wat ek sou hê, as ek moet, is dat jy die woord 'geplant' geheel uit die laaste strofe verwyder. Die stansa lees ruim en beeldryk genoeg sonder hom. Baie intelligente vers. Dit laat ook die verganklikheid weer in ons gedagtes inskerp.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed