Ruitensboer
in elke traan
‘n diamant
in elke snik
‘n safier
agter elke donderweer
‘n reenboogrant
by elke begrafnis
word die lewe gevier
en uit die nagtelike donkerte
loer
Ruitensboer
die geskiedenis
ken geen helde
liefde, hoop en geloof
sal taan
groot gedagtes sterf almal
op slagvelde
net kindergelag
sal bly staan
en uit die swartste gal
loer
Ruitensboer
my seun,
geld maak reg
wat ontstel,
die wyse staan alleen,
net malles ken die hemel
in die lewe
se hel
en uit die diepste graf
loer
Ruitensboer
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Dis baie goed. Ek hou hiervan :-)