WhatsApp (last seen 25 Dec 2014)
. . . en
skryf jy nog lang gedigte
oor die liefde en ons land
ry jy nog die wêreld vol
tot innie Kaap
was jy toe ooit by Bloubergstrand
ek bly nog in my houthuis
drink steeds soetwyn saam met brood
en onthou jy nog die wit hond
hy lê nou weer
met sy lyf hier op my skoot
ek’t Sondag verby Simonsberg
en toe deur Pniel gereis
Franschhoek was ‘n skilderdoek
ek sou dít
so bitter graag vir jou wou wys . . .
© C. Shaw
9 Februarie 2016
5 Kommentare
-
Carin Marais
Absoluut pragtig!
-
Louie
Sjoe.. hierdie woorde laat gedagtes wakker word wat ek lank lank terug toegesluit het.
-
Kiekies
Hierdie gedig laat 'n tinteling in my diepste hart en my diepste gedagtes! Dis pragtig!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
in my verbeelding sien ek dit Carma so mooi beskryf jy dit