
Sonder Jou
Sonder Jou
Jy is my alles, die
son, maan en sterre
as rigtingwysers in
donker tye van die lewe,
my geestelike lewensaar,
die terra firma waarop ek vasstaan,
die rus en vrede van ‘n kalm lewenssee
waarop ons rustig saam voortvaar—
Sonder jou oorspoel die getye my,
is my skredes op wankelende terra firma,
verdof die son en sterrehemel,
en is die ligte van my
inspirasie afgeskakel,
uitgedoof—
Janetta – Helena (Babs) ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.