Hoe lank moet ek nog skyn?
Maan:
Ek skyn dimpel-sag
oor kleine kindertjies –
laat hulle in hul drome lag.
Ek skyn ñ volle nagwaak
oor reënversugtingsboere
se moeë kos-gee-taak.
Ek skyn ñ nimbusboog
oor moeders
se liefdevolle borssoog.
Maar ag liewe Heer,
hoe lank moet ek nog skyn
oor owerspelers se prostitute-bedde-deel?
Hoe lank moet ek nog skyn
oor rampokkers
se korrupte roof en steel?
Hoe lank moet ek nog skyn
oor moordenaars
se pistool-koevoet-pyn?
Ja, sê my tog Heer,
hoe lank moet ek dan nog skyn
oor die Gomorra-kolk
van hierdie afgedwaalde Boerevolk?
©Elizabeth Greef
6 Kommentare
-
-
neels
Elizabeth dit is n werk wat tot hierdie volk se hart spreek en kan ons onself tereg hierdie vraag afvra
-
Arnold
Ons sal moet skyn tot en met die koms van ons Verlosser.
-
Janetta-Helena Boonzaaier
''n Baie mooi gedig wat ons radeloosheid oor toestande mooi skets. Dit bly maar die groot vraag, waar het alles begin , en waar gaan dit eindig?
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Evelyn van der Merwe
'n Miljoen rand se vraag wat jy hier vra. Hoe lank gaan dit dan 'n volk neem om terug te keer na waar hulp vandaan kom. Pragtig gepen.