Jongste aktiwiteit:

Bloeisels in my hart

Jy het ligvoet getrippel
deur my hart se gange
in sandput van smart
het ons speels- saam
die liefde loop tart

Jy het onthou
wat my gunsteling liedjie is
vals saamgeneurie
op ons lappieskombers
wat op rivieroewer rus

Jy het geluister
na stem van oseaan
waar sy weemoedig stom
tog vreemd strelend
haar heimwee lied golf

Jy het geraak
aan doudruppel- trane
met rugkant van hand
soos hul biggel oor wange
ek my hart weer verpand

Jy het geruik
aan die lente van liefde
vroeë bloeisels gepluk
dit dan versigtig, sag
in my hart rangskik




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed