mooi soos die see (Goud)
waar die ebvloed
netnou-maar teruggetrek
en skulpe broos gelê het
wil ek kruisbeen sit
en dink aan die ritmiese
in en uitasem van die diepsee
die pletter-breek van branders
teen rots en sand
en my spore op die strand
wanneer jy vir my sê…
sussie vertel vir my iets mooi, toe
sal ek jou klee in wit
jou hals tooi met brose skulpe
jou kruisbeen langs my laat sit
en jou vertel van my liefde vir jou
opreg en mooi soos die see
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Mei 2024 - OOP projek