O tyd … o tyd, staan stil (OPDRAG 3)
tik-tok, tik-tok
vreet ou langeraat die sekondes op
hou ons daagliks onverpoos
aan die draf, sonder rus of stop
met ysere klou, klou hy verbete
aan ieder en elk se gewete
toon wynig simpatie of genade
vir slakkepas se agtergeblewe dade
‘n horlosie dié wil ek hê
uniek, sodat ék self kan hê ‘n sê
verjaarsdaggeskenk, spesiaal ontwerp vir my
ene waarmee ek tyd bloots sal kan ry
en wanneer ek tydsaam deur sekondes galop
met niks wat my aanja wanneer ek tyd wil stop
sal ek op Jan Pierewiet se wysie luid uitskril
“o tyd, o tyd … o tyd, staan stil”
tik-tok, tik-tok …
@Driekie Grobler
(“Ek wil so graag ‘n horlosie vir my verjaarsdag hê!” Slaaptydstories vir vaak ogies, uitgegee deur Fantasi: Die horholsie, geskryf deur Irène Dekelper)
16 Kommentare
-
-
Callie Vermeulen
Pragtig Driekie... nou soek ek ook 'n horlosie.
-
Elroux
Mooi gedoen ek hou veral van die vrolike ritme van jou gedig.
-
Denise van Rensburg
Kan so hiermee vereenselwig.
-
Loretta Szikra
Ai tog, so wens ons almal dat tyd maar net ons vriend kan wees of hoe. Pragtige vrolike vers Driekie.
-
Alet
Mooi geskryf dink ek moet die gedig vir my kleinseun leer
-
Estelle
Lekker vrolike ritme Driekie
-
Viooltjie
Goeie werk, Driekie 😊
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie