
SIEL VIR ‘N WINSKOPIE
SIEL VIR ‘N WINSKOPIE
Orals klink geluide….
Iemand lag
Iemand vloek
Iemand huil
Iewers ver soebat n tienerwrak vir nog ‘n trip op die coce trein
Neon. Grou, grys beton
‘n Hoer
‘n Junkie
‘n Satanis
…. en n vyftienjarige stuk weggooidrek wat als sien; hoor. Als VOEL
Uitverkoop deur Rekenaar
Die Establishment…
En onbetrokke kinders van God!!
Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en onthou die lewe is bitterbaie kort – wees lief vir die ene wat jy daar by jou het.
© Liza Daniells
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loretta Szikra
Sulke ware woorde Liza. Die lewe is hopeloos te kort om dit vir n appel en n ui te verkwansel. Sterk en goed geskryf.