Jongste aktiwiteit:

Tienduisend sterre sterf

Op ‘n silwer skinkbord
het ek die sekelmaan se glans
en tienduisend sterre
voor jou voete neergelê
om dit saam
in ‘n ritueel van liefde
die donker nag in te slinger
sodat dit kan voortskyn
net soos ons liefde
in ‘n sfeer van ewige onthou

maar soos die nuwe dag vanoggend
in halfhartige omhelsing
van die winterson ontwaak
en haar opwagting traag
oor golwende grou randjies maak
besef ek hoe tienduisend sterre
en die sekelmaan se glans
nag na nag met dagbreek
se oggendsoen vervaag

©Loretta Szikra 20180706




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed