Openbaring – Opdrag 3
Openbaring (Opdrag 3)
Jy lê geëts in my siel
verewig en diep-diep weggebêre
my liefde vir jou versteek
soos ‘n doodskleed op my solder
die onthou van (dit mag nie)
ons ongekroonde liefde
wat toegegrou moes word
bly agter my ribbes vasskop
die kraak in my soldermuur kraak wyer
ons geheim bars en breek
deur die skanse
in die oudag van ons wees
ek staan ‘n drenkeling hier
in die wind se huil
waar stilte tot woorde hardop bloei:
om jou net lief te mag hê
nog eenmaal vou jy my hand toe
streel ek vir ‘n laaste keer oor jou hare
lees ek die boodskap in jou gebreekte oë:
ek het jou lief my lief
©A Enslin
‘’Verewig ek dit hier diep agter my ribbes om tot oudag toe te onthou’’ – Finesse Mei/Junie 2017 – Artikel: Ek het my roeping gevind – Hanri Platzoeder
10 Kommentare
-
Driekie
'n Hartsgedig hierdie, pragtig geskryf.
-
Barbara
Ag dit is soooo mooi!!
-
Callie Vermeulen
Pragtig Alet! Seer-mooi
-
Elroux
Pragtige gedig Alet
-
Loretta Szikra
Pragtige werk Alet. Dis so mooi.
-
Estelle
Hartseer-mooi
-
Viooltjie
Goed geskryf, Alet 😃
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie