Jongste aktiwiteit:

SY SAL (Opdrag 3)

SY SAL

hierdie jong vrou sal dit kan doen
die hemele voor haar wyd en blou
haar hare wild verwaaier
soos die hunkerings in haar hart
sal sy onbesorg in strome niks bestaan
of sal die eerste beste warrelwind
die wese uit haar liggaam slaan
sal sy kan swewe sonder kos of rede
vir mense met vlerke, ís wortels dan nodig?

hierdie jong vrou sal betyds besef
dat vrywees juis ‘n tronk vir vrywees word
grote prys – ‘n plekkie in die lug piepklein
tot later geheel en al jou vryheid verdwyn
sal sy haar jonge wortels kans gee
om deur die Waarheid te vertak
te voel hoe dit tot in haar gees kan duffundeer
hoe dit die vlerke van vrywees oop kan vou
vir mense met wortels, is vlerke oorbodig

“Sal hierdie jong vrou dit kan doen?” uit “Die Meesterstuk” deur Francine Rivers, vertaal deur Doretha Rost.

© – Barbara Smit 24/07/2018




7 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed