Jongste aktiwiteit:

Die verkeerde Vryheidsfront (brons)

Oom Piet waggel die paadjie af, een hand op die pluiskuil en die die ander op die kierie. Waarom hy nou hier moes kom stem weet nugter alleen! Die ou by die ander stemlokaal het uitdruklik gesê dat hy hiernatoe moet kom. Om een of ander rede is hy hier geregistreer.

Daar is ‘n hele slang mense wat stadig kruie en hy val beswaard agter in die tou in. Stem gaan hy stem. Hy moet stem! Dit is sy plig om hierdie ou landjie weer op koers te kry, kom wat wil.

Langs hom hoor hy van sy medelandsburgers met rooi hemde en barette praat en met tye sing “…the boer, the farmer.” Hy is verbaas. Hy het altyd gedog hulle haat die blankes en nou prys hulle die blankes! Dit wys jou, mens is nooit te laat om te leer nie! Iemand maak hulle stil. Dis jammer, hy probeer nog die eerste woord te hoor wat hulle sê en nou is dit nie toelaatbaar nie! Wat was die eerste woord? “Save?” Nee dit klink nie reg nie. Gil?

Daar is ‘n stalletjie waar hulle hemde uitdeel. Die plakaat is nie duidelik sigbaar nie en al wat hy lees is FF, seker vir Freedom Front, met ander woorde Vryheidsfront. Daar is ook ‘n rooi banier op waarop daar staan: My blood is right, met ander woorde, my bloed is regs. Dit klink reg. Dis presies hoe hy voel.
Dan frons oom Piet. Die Vryheidsfront kon darem wraggies Afrikaanse plakate opsit. Aan die anderkant, almal in die rooi stalletjie is swart, so dalk werf hulle nou ander rasse ook. Onder luide gelag aanvaar hy die rooi hemp en trek dit aan. Die hele groepie juig hom toe as hy sy hoed opsit en weer saam met die slang vorentoe beweeg.

Hy word bewus van die afkeur in bekendes se gesigte. Hoekom groet hulle hom dan skaars? Die ander klomp laat hom meer as welkom voel en vele ander kom skud sy hand en gee hom selfs ‘n drukkie. Ongelukkig verstaan hy nie ‘n woord van wat hulle praat nie.

‘n Klein seuntjie kom aangehardloop na om. “Oupa,” sê hy, “mamma en pappa is ook oppad. Maar ek verstaan nie. Hoekom het oupa dan nou ‘n EFF hemp aan?”

Oom Piet se oë sien sy spieëlbeeld in ‘n motor se spieëltjie en hy snak na sy asem! Dit kan nie wees nie! Dis dan hy, maar? Hy het ‘n EFF hemp aan? Hoe de duiwel is dit moontelik? Nou verstaan hy die reaksie. Sy gesig word al hoe rooier.

Dan haal hy diep asem en kyk vir sy kleinseun. “Sjj, moet vir niemand sê nie, maar ek het ‘n gratis hemp gekry.” Hy glimlag verleë terwyl hy die hemp uittrek. “En ek het seker gemaak niemand sal vir Piet Poggenpoel vergeet nie!”




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed