Dagboek van seisoene
soos ’n droom kruip winter
uit die dagboek van seisoene
en poets haar skoene
witter-en-witter-en-witter
met die ryp se gryp
totdat hulle sneeuwit skitter
sy vlokkiespoor met grasie
oor die landskap prentjie
’n volmaakte komposisie
onder yl heuningstrale
van die son se missie
meesterlik uitgebeitel
lê skitterende landskapsvisioene
gedagboek in lig en skadulyne
van die seisoene
——-ooo000ooo——-
(© Pieter Mostert)
(Silwer)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Mei 2024 - OOP projek