Respek
Respek
Vriendskap is
‘n duursame en kosbare besitting
wat mooi en met respek hanteer
moet word en het sekere hoedanighede
want sê die spreekwoord vir ons
‘‘a friend in need, is a friend indeed”
Dis baie broos en breekbaar en
op elke vriendskap pryk
‘n waarskuwende etiket
“FRAGILE, handle with care”
Beekbaar, hanteer versigtig—
Ook die liefde net so broos en
onsterflik deur Paulus besing
is duursaam en kosbaar en verg
respek en opofferings teenoor die
geliefde en die liefdesetiket sê ook
‘’Fragile, handle with care”
Breekbaar, hanteer versigtig—
Maar,
liefde vir die hele mensdom
tot die dood toe was net vir
‘n Goddelike Opperwese moontlik
want die mens kan soms skaars
een mens lewenslank getrou liefhê—
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.