Jongste aktiwiteit:

net vir jou

net vir jou

mag jou lees aan die skryf van my pen,

die gretige blaai deur my woord,

sag ink deur jou laat vloei

en oor jou vingers verblou

dat jy kan weet dis net vir jou…

as woorde sag oor my gemoed insink

en beelde van mooi my diep aanraak,

gryp my gedagtes na penne

wat tussen die raak van my vingers,

teer aan papier vasklou…

wil ek skryf,

vir jou vertel ,

van hoe liefde in woord

sy eie troetel dra,

speel my idees met jou…

met letters se streling,

smag ek soms na jou nabyheid,

bring die woordeboek heling

want diep binne my,

begin die denkbeeld

en buite, neem my taal,

jou vorm aan…

en as jy weer lees

aan die skryf van my pen,

gretig blaai deur my woord,

mag sag ink deur jou vloei

en oor jou vingers verblou,

dat jy kan weet dis net vir jou

©Anton Kilian




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed