Hou die dagboek op datum …
mallemeule…rondomtalie
dinge deurmekaar in my kop
hou maar die dagboek op datum
ek kry dit nie gestop
pak die skool se kosblikke
moenie nasorg vergeet
onthou die hanswors-pak
dis mos klaar gemeet
onthou die gimnastiek klere
sit dit alles in jou sak
vat die veldskool vorm saam
ek het my handtekening daar geplak
onthou vanaand se vergadering
dis na ‘n ander plek geskuif
sal netnou bel vir ‘n tandarts afspraak
sy het dit laaskeer opgeskryf
briewe, boeke, afsprake, dinge
alles in ‘n dag geprop
hou maar liewer die dagboek op datum
jy kan dit tog nie stop
© borrels
2 Kommentare
-
Kiekies
Ek hoor hier 'n lekker kloppende ritme, al vinniger. Baie lekker-om-te-lees gedig!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
lekker humoristies geskryf borrels