Eggo’s van die lewe
Kom sit hier langs my
jy lyk moeg vanaand
maak toe die gordyne
luister na die wind daarbuite
Hou my hand
dans met my
omhels hierdie oomblik
vir altyd tussen jou en my
Die wind sing sy eie lied
nie net van hartseer en verdriet
want tussen verlies en besit
lewe en sterfte
skyn die sonlig se goue gloed
op ‘n dowwe blaar
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober projek