Jongste aktiwiteit:

HUNKER

By tafel nommer vier sit hy, hande gevou
besig om die dame by die venster dop te hou.
Oor die koppie koffie sit hy peinsend en staar,
na ’n nuwe moontlikheid, na hoop, na haar.
Terwyl hy vir die rekening wink, drink hy die koppie leeg.
Met sy oë steeds op haar, wonder hy hoe sy kans weeg.
Sy jaar was lank, sy lus vir liefde ’n kommer.
Hy betaal vir die koffie en gaan vra haar nommer.

©HMellet




Ek is maar net 'n kaalvoetkind van Namakwaland, verslaaf aan die reuk van ink op papier en honger vir woorde wat siele versadig, of dit nou uit my pen kom of joune.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed