Jongste aktiwiteit:

Dis Droogte

Dis Droogte

Die damme is byna leeg en
ek moet vandag op die warm
tweespoor grondpad dorptoe—
Dis ‘n droë somerverjaarsdag en skril
langasem sonbesies sing en verskree
oorverdowend alles dat hoor en sien vergaan—
Wat kan ek haar uit diepe liefde gee ?
Dis droogte, ek het nie genoeg geld vir luukse
goud en diamante vir hierdie groot liefde nie—
Maar ek sal by die skut vir haar die mooiste
miniatuur hondjie gaan koop om haar sagte
hart te vertroetel en sodra die reëns kom
belowe ons twee om vir haar die mooiste
veldblommetjies te gaan pluk—
ons moet ons ry kry,
die tjoklits gaan smelt—

Janetta – Helena [Babs]©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed