
woord-apopleksie
uit die mond van ‘n suigeling
kan jy dalk die ongekunstelde waarheid hoor
dan moet sy omgewing darem ook suiwer wees
vry van bevuilde taal-omgewing en stryd
soms kom digter se gedagtes krom en skeef
met nadelige gevolge oor die eter van die gehoor
dikwels word gedagtes, woorde en gedigte
vertolk as waenhuis-wye apopleksie
droogte aan gedagtes en woorde
bloei eenvoudig digter se taal tot niet
ontmoeting van soekende siele
droog op in die woestyn
oordenking, herinneringe en drome
wek nuwe gedagtes, drome en verse
gebrekkige konsentrasie verval
verwelk dan die bloeisels
dieper as been sny die woorde
kry aanklank by die era van die gehoor
sny deur die dik lae van bevooroordeel
kenter die weet-beter, is-beter eter
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.