Vra
“Vra en vir jou sal gegee word”
Ek vra en vra en kry niks
“Vra is vry en weier daarby”
Ek staan met leë hande
“Moet nooit ophou vra”
Wat moet ek leer?
“Vra volgens Sy Wil”
Hoe moet ek tog weet?
“Alles volgens Sy plan”
Waarom vra ek dan nog?
“Niemand is so doof soos hy wat nie wil hoor”
My ore dan toegeslaan?
Vra
Luister
Vra
Hoor
Vra
Hou op
Wag
Geduldig wag
Die antwoord sal kom
Geskryf deur C Diederiks ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek