Tikmasjien
Tikkie nogstalgie pak my beet
Tik tik blaai, dit kan jy weet
Geleer om tien vingers te gebruik
Kombinasie oefen kon jy nie ontduik
Korreksie ink mag jy nie misbruik
Tik tik blaai hoe kan ek ooit vergeet
Tik tak tik tak tik tak tik
Met jou vingers moet jy mik
Tik tak tik tak… trek
Vir jou letters moet jy werk
Lyne het jy moeilik getrek
Tik tak tik tak tik
Girts girts draai die papier
Slaan die letters hier
Elke toets ‘n bietjie beter
Vinniger vinniger soos jy verbeter
Skuif die merker ‘n millimeter
Die storie klaar nou kan ons vier.
Geskryf deur C Diederiks ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Ja dit mag verander het met elektronika maar dan ook glad nie, dit tik nou geen tak maar die boom is ook kaler. Dankie vir deel & die klomp rym reëls