MY EIE JAS
MY EIE JAS
Met jou hande oopgekelk
soos ’n lelie in die veld.
ontvang jy dít wat ek kan gee
die egtheid van my vriendskap
al die mooi onthou
al die swaar, die seer, die rou!
Jy neem dit, vorm ’n goue draad.
weef daarmee vir my
’n snoesige warmjas
een wat net vir my sal pas.
Marthie Joubert
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.