Gediggie vir kinders: Die Hoorlosie
‘n Gediggie wat ek oor ons almal se stryd met tyd in die oggend het, veral om die kinders uit die bed te kry!
DIE HORLOSIE
Ons hele lewe is ‘n gejaag na en draai om tyd.
Kompleet soos ‘n klop rugbyspelers se stryd om ‘n bal in ‘n rugbywedsryd!
Dit is asof die tyd ekstra vinnig in die oggend tik, tik tik!
Dit help nie eers om die kussing styf oor my ore vas te druk
As Ma met haar vrolike “Opstaan, opstaan Pikkewyn” die kamer binnekom
Weet ek my heerlike slaap en droomtyd is verseker om.
Soos ‘n slak seil ek stadig die trappies af.
Die horlosie betoon geen genade nie,
Gretig draf hy sy minute af.
Eet, tandeborsel, aantrek, hare kam.
Ag dit alles maak my sommer lam
En daai horlosie het ’n gemene streek !
Hy verander my anders kalm suster…min of meer sonder streek
In ‘n monster as dit by rytyd kom
“Rytyd, rytyd gil sy met oê groot
En beginne my by die deur uit stoot
Ek is seker as ons almal uit die huis uit is
Vat die oorlosie eers ‘n lekker rus
Skooltyd vat ekstra la-a-a nk
Maar naweke en lekker tye tik tik tik hy vinnig
Wat ‘n aaklige klank!
Hoe lekker sal dit nie wees as alle horlosies weg kon raak
En tyd uiteindelik alles ons eie raak!
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Toom
Ja, raakgevat, meen ek. Maar dit bly nie daarby nie. Dink eers, hoe is dir wanneer Ouma inkom en roep: ,Opstaan, opstaan ou Man!' Daaraan het die tyd nie geroer nie. GvT