Gediggie vir kinders
DROOM VAN ‘N JAPSNOET
My keel trek op ‘n knop.
Dit is alweer Sondagmiddag!
More-oggend moet ons weer dou voordag op,
Want more is dit alweer Maandag
Ek wonder vir wat hulle dit Maandag noem.
Seker omdat die maan nog nie eers weg is voor ons op moet staan,
en my selfoon se alarm op sy betydsheid roem!
Ek weet nie hoe lank ek dit nog uit kan staan.
As skool tog net nie so ‘n knaende affêre was .
12 Jaar is ‘n VERSKRIKLIKE lang tyd!
Dit is net boeke, leer en skryf en allerhande goed waarmee onderwysers ons verras!
Nee, sowaar skool is ‘n vreeslike styd
Dalk kan ons van ons vakke met hedendaagse tegnologie uitskakel.
Ons kan Geskiedenis op die Internet lees,
en Google kan ons Engelse spelling met die “spelchecker” toetakel!
Ja man, hoe moeilik kan dit nou wees?
Ouers en onderwysers kla dat ons gans te min speel.
Daar sal dan oorgenoeg tyd wees om te ontspan.
En skoolwerk hoef ons nie so te verveel.
Optel, maal, deel en aftrek,
daardie soort ding wat ons tyd so steel…
Dit is mos ons optelmasjiene se werk!
Ek is seker die Juffrouens het daarvan vergeet.
Hulle en ons kan dan meer fliek en mall toe gaan.
Sondae middae sal dan nie so aaklig wees.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.