
Miskien
Want hier vind ek jou altyd
‘n mooi skemerslig silhoeët
‘n suiwer sielsprentjie
miskien is jy my dagdroom
my wakende oomblik se asemhaal
jy dans in my gedagtes
speel in die dieptes van my hart
jou stem eggo alom my ure
jou glimlag straal soos die môre son
verlig die donkerste van my nag
miskien is jy maar net my dagdroom
my serenade van sekondes in B-majeur
wat saam met my tango deur tyd
miskien is jy maar net die prisma
wat my help om parsekte te ontleed
of miskien weet ek net wie ek is
as ek langs jou staan.
© Mei 2024 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.