Jongste aktiwiteit:

Emosies in die donker

Emosies in die donker.

Hoe sou jy die donker beskryf.
Daar waar jy met hom gesels.
Jou diepste intieme gedagtes deel.
Daar waar jy jou-self kan wees.

Ek verstaan hoekom is mens so bang.
Vir die monsters wat jou wil vang.
Vir die asem wat blaas in jou nek.
Die oordowende stilte wat jou bedek.

So eerlik is mens in daai uur.
Jou frons wat na die vrede gluur.
Jou emosies hardloop vry.
Geen lig op die onderwerp, geen gestry.

Jou emosies raak jou enigste sig.
Jou emosies doen die praatwerk.
Met blinde woorde begin jy dig.
Elke woord is ferm en sterk.

Daar waar jou emosies opreg kan wees.
Daar waar hulle hardloop in jou gees.
Daar waar jy jou eie monsters vrees.
Daar waar jy blind hulle storie kan lees.

Die waarste emosies wat daar is.
Op jou rug.
Geen lig.
Die waarste emosies wat jou monsters sis.

© Regardt Belo




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed