Beste INKers
Die derde maand het aangebreek, en ons stel ‘n oop projek voor.
Daar is geen vasgestelde regulasies en voorskrifte nie.
Dit geld vir alle afdelings, hetsy jy aan digwerk of prosa deelneem.
Mag elkeen wat hieraan deelneem, sy/haar liefde vir Afrikaans en talent herontdek.
Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.
Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.
*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE
Wou
ek sou jou graag wou liefhê
ek’s spyt om dit nou kras te sê
ons was vir mekaar bloot nodig
(dit besef ek nou –
t’rugwerkend gebeskou)
so trane is oorbodig
nou wat jy finaal jou rug draai
op wat ons saam gesaai
(én saam verdraai)
het
net
(gun my dit tog maar sê)
ek sou jou graag wou liefhê
©ASvdMerwe