Wou (SILWER)
Wou
ek sou jou graag wou liefhê
ek’s spyt om dit nou kras te sê
ons was vir mekaar bloot nodig
(dit besef ek nou –
t’rugwerkend gebeskou)
so trane is oorbodig
nou wat jy finaal jou rug draai
op wat ons saam gesaai
(én saam verdraai)
het
net
(gun my dit tog maar sê)
ek sou jou graag wou liefhê
©ASvdMerwe
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2021 – OOP-projek