
kniesterig
.
my duin lê stil en rus
onder ‘n bewolkte hemel
wat alles bedek onder wolke
wat lyk of dit gekneus is
enige oomblik kan bars
begin lek, lek en reën
.
hier agter tussen huise
skarrel elk wat leef en beef
vir plekkie onder dak en son
lewens wat ook gekneus
soms kniesterig vertoon
ook lek, lek en traan
.
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2021 – OOP-projek