Is daar nog hoop?
Die oer ou ritme tamboer teen my bors
Ons vir jou Suid Afrika
nostalgie braak suur
die nasmaak daarvan
vertrek my gesig
laat my skouers buffelskof;
Here waarheen nou?
Ons vir jou Suid Afrika
die wanklank eggo vals
teen beton kranse
koggelroep deur murg en been
verdwyn dan in senutergende stilswye
Ons vir jou Suid Afrika
NEE Here! Dit kan nie
skeur ‘n nasie in twee
terwyl Abelbloed uitroep
waarom het jy jou broer vermoor?
Ons vir jou Suid Afrika
kaalvoet die berge oor
Here is U met ons?
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2021 – OOP-projek