INK-slypskool
Baie welkom by INK se splinternuwe slypskool; waar ons aan digters die geleentheid gee om te groei in hulle eie skryfstyl.
Neem asseblief die volgende reëls in ag:
Deelname aan die INK-slypskool is GRATIS vir alle betalende INK-lede.
Slegs EEN gedig per digter PER MAAND mag onder hierdie afdeling vir opbouende kritiek gepubliseer word.
Die INK-moderator sal terugvoer gee oor spel,alle aspekte rondom taal en natuurlik ook oor die algehele struktuur van jou gedig.
Die INK-moderator mag ook persoonlike voorstelle aan die digter maak, maar dit bly die digter se keuse of hy/sy hierdie voorstelle aanvaar en aanwend.
GEEN inskrywings vir maandelikse projekte mag onder die INK-slypskool se afdeling gepubliseer word nie.
TANS word slegs gedigte aanvaar vir die slypskool, ons sal met tyd ook later stories, artikel en rubrieke hanteer.
Terugvoer kan tot en met 7 (sewe) dae neem.
Dankie vir jou samewerking en geniet die groei in jou eie skryfstyl.
Altyd dienswillig
Die uwe
Inkmoderator