Nommer asb!
Die dae van klein
wees is verby
kettie is ‘n verlore seun
Barbie het al ‘n selfoon
Vingers wat daans
om woorde te tik
woorde van ‘n verlore tong
soos koppe gebuig staan
vasgevang in ‘n tegnologiese tronk
Onpersoonlike gesprekke
‘n doods’kis
‘n gees’telose verbal
‘n karak’terlose taal
Skiet my in die ruimte in
miskien kan ek my verlore
kettie vind en
Barbie bel en
haar vra
”nommer asb?”
©morné du preez
3 Kommentare
-

Frank Meintjies
Dwingende inhoud en goed uitgevoer. Baie mooi gedaan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Moderator
Lieflike nostalgiese gedig, Morné! Ek merk wel die volgende waarna jy kan loer: LEESTEKENS 1. Indien jy elke strofe met 'n hoofletter wil begin, dan moet jou vorige strofe met 'n punt eindig. Hoofletters en punktuasie (soos punte en kommas) loop altyd saam. Dit maak jou gedig dan net meer "volledig". 2. Die drie apostrowe in strofe 3 is nie nodig nie, want dit dien geen doel van weglating van letters in daardie woorde nie. 3. Gebruik 'n dubbelpunt vóór die dialoog in jou slot: Barbie bel en haar vra: SPEL EN TAAL *dans (slegs een "a") *asseblief (skryf eerder die woord uit) *Maak seker dat eiename altyd met 'n hoofletter geskryf word Dit bly elke digter se keuse of hy die raad aanvaar of nie. Goeie gebruik van stylfigure en beeldspraak.