Jongste aktiwiteit:

Patmos-palimpses (‘n villanelle)

Die woord slaan tent op onder mensvel.
Ons voel sy glorie wit en blink,
soos brokkies manna op ons lippe.

In die begin was een multidimensionele sin.
Toe slaan die woord tent op onder mensvel
en gee aan die wesens hulle name.

Die woord gee lig aan die wesens se oë,
ons ore sug: Effata,
dis brokkies manna op ons lippe.

Maar die woord het ook ‘n antiwoord.
Dit raak verwronge in ons hande.
Toe slaan die woord tent op onder mense,

in die woestyn, dit gloei soos ‘n vuurwolk,
dit grif teen die grein van borsklippe,
dis gebreekte manna op ons lippe.

Maar die woord word vleis, en klippe,
vlees, finaal voltooi die palimpses;
die woord slaan tent op onder mensvel
en word gebrokte nagmaal op ons lippe.

©Marieta McGrath




3 Kommentare

  • Moderator

    'n Moderne villanelle sonder die kenmerkende gedwonge rympatroon en rigiede refreine. Ek het die boodskap baie geniet. Oorweeg om die komma hier te verwyder, want die enjambement sal die vloei versterk: "Ons voel sy glorie wit en blink, soos brokkies manna op ons lippe." Die volgende is vir my bietjie verwarrend: "Maar die woord word vleis, en klippe, vlees, finaal voltooi die palimpses;" Ek sal dit waardeer as jy vir my hier kan uitlig wat jy wil sê, sodat ek met nuwe oë na hierdie deel kan loer. "die woord slaan tent op onder mensvel" - baie diep geestelike boodskap wat treffend m.b.v. refreine uitgehef word. Jou slot is uitmuntend en onverwags.

  • Marieta McGrath

    Baie dankie vir die terugvoer. :-) "Maar die woord word vleis" verwys na Johannes 6:53. Klippe wat vlees word verwys na Esegiël 36:26. Palimpses is, as ek dit reg verstaan, 'n antieke boekrol/geskrif waarvan die woorde afgekrap is, en nuwe teks bo oor geskryf is, maar die oue is nog sigbaar. So die Woord is finaal voltooi met die kruisiging en opstanding van Jesus, die wet is uitgekrap en vervang met Jesus self en is finaal voltooi.

  • Marieta McGrath

    Baie dankie vir die terugvoer. 🙂 “Maar die woord word vleis” verwys na Johannes 6:53. Klippe wat vlees word verwys na Esegiël 36:26. Palimpses is, as ek dit reg verstaan, ‘n antieke boekrol/geskrif waarvan die woorde afgekrap is, en nuwe teks bo oor geskryf is, maar die oue is nog sigbaar. So die Woord is finaal voltooi met die kruisiging en opstanding van Jesus, die wet is uitgekrap en vervang met Jesus self en is finaal voltooi.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed