Jongste aktiwiteit:

As ons kyk na die lig

Kyk deer die donker
en staar na die lig,
is jy verblind?
of is jy blind?

en dit wat jy aan dink soos
eindlose voetspore
net weer in die donker
gordyn spoorloos,verdwyn

losbreek met ‘n skor stem
die dop afskud
oë verbitterd soos die,
hart leeg bloei

en al die stemme,
in hul verbintenis
verblind,verwas,gedistaniseer
ydel,bros,vervloekte lippe wat leeg suig

kyk weer na die lig
vind jouself terugstaar
is ek die dood
wat deer die donker kyk na die lig?

©morné du preez




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed