Beste INKers
Ek wil van die geleentheid gebruik maak om elke lid wat deur die jaar getrou deelgeneem het aan al die projekte. Sonder jul toewyding sou en kon hierdie deel van INK nie slaag nie. Baie, baie dankie.
Aan elke INK lid wens ek ook ‘n geseënde en welwillende feesseisoen. Mag die goeie boodskap van liefde, samesyn en goedheid luid weerklink.
Aan die wat gaan reis gedurende hierdie tyd, wens ek voorspoed en veiligheid.
Hierdie maand sluit ons 2020 af met ‘n oop PROJEK.
Daar is GEEN voorskrifte in enige van die afdelings nie.
Gebruik die geleentheid om jou eie kind en styl met almal te deel.
Aan elkeen, teenoor wie my kommentaar soms rof was, enook waar ek sagter omgegaan het, wil ek sê, welgedaan. Julle het voortdurend bewys dat aanmoediging, al is dit soms krities, groei bewerk.
Julle maak my voortdurend trots en dankbaar om in Afrikaans om te gaan.Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.
Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.
*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE