SLOTSOM (goud)
Dis ‘n andersom man wat haar hand houvas
‘n onweestaanbare vreemdeling
wat in haar bed ontwaak
dis háár mens –
hy lyk bekend
ruik soos kombuis en badkamer
hy leef al lank hier
met sy onbekende lyf
in haar vervreemde spasies
soms pas hy haar op
soms jaag hy alles weg
soms is sy óf hy te veel vir die oomblik
óf te min vir sy realiteit
maar hy is altyd hier
as sy val, as sy opstaan
as gal uit haar siel drup
droog hy selfs die spatsels op
dis ‘n verkeerdom verhaal
wat homself andertaalliks herhaal
‘n gerf uit die oes van haar verwarring
– maar dis hy wat weet
dat sy horisontaal moet ontwaak
sodat die begin van elke dag
verikaal kan draai
want sy wil regombid
in ‘n wêreld vol veraaiers.
© Des 2020 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
3 Kommentare
-

Taai
Sjoe!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2020 – OOP-projek