TRONKBEWONERS
Ek het al ‘n vensterbank verprent
geswem op verbode plekke
vreemde lande besoek
in die volmaan verdrink.
Ek het al my ma se hand vasgehou
toe nie een van ons woorde gehad het nie
selfs my vryheid prysgegee
uitbundig gelag tot die trane spat
‘n vriendin begrawe
‘n baba aan die slaap gesing
my hond gesond gebid
Ek het myself al verraai
om ander gelukkig te maak
ja, ek het al baie dinge gedoen
om ook normaal te kan wees
soos my mede tronkbewoners.
© Des 2020 Caren Kearley
Kopiereg Voorbehou
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Taai
Pragtig!