Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Liefdeslas (BRONS)

Deur Annamarie
Datum gepubliseer: 31 Desember 2020 Aantal woorde: 139 166 Kere gelees 10

Een Korinthiërs dertien teen jou yskas
as aanklag van die liefdeslas:
teen jou selfkastydende standaard
staan hul liefde wat in misbruik ontaard.

Ek is bly jy is hier.
Kom, ek skink jou nog ‘n bier.
Ek glo ons sal die liefde en hoop
kan verdrink voordat jy loop.

Een Korinthiërs dertien wys wat vals is:
bedek, glo, hoop verdra alles.
Veins geduld, wees vriend’lik, nie jaloers
al handel húl onwelvoeglik, platvloers!

Ek is bly ons kon praat.
Jy, met Oude Meester raad.
Ek glo ons het die liefde en hoop
van hul vals’ voorgee gestroop.

Wanneer als verflou in ontrou
reken die kwaad nie toe nie,
raak nie verbitterd nie.
Mag jy genoeg van die mooi onthou
om geloof in jouself te behou.

Want onthou, als verflou in ontrou.

Want onthou, als verflou tot ontrou.

©ASvdM




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    2 Januarie 2021

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2020 – OOP-projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 18
Kommentaar telling: 3

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 145 gaste aanlyn

Bydraes – Argief