maggiestraat
–
ai ja! die aap is uit die mou
daar is ‘n groot ding aan die bou
‘n nuwe jaar met twee tweë’s, nul en een
wat vir almal lyk na ‘n kwaai nuwe ding
wie gaan val of sneuwel hierdie jaar
wie gaan rekords opstel en verjaar
sal ons hierdie jaar nog oorleef
gaan ons hewig stry en beef
laat die aap maar wei
sy laggies oor kontrei
tipies afrikaans-boers
grap ons maar daaroor
want dit is wie ons is
eg en een van
ons soort
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.