Soek my digsiel
Wanneer dit moeisaam raak om te dig,
sien ek geen lig in sig
Woorde soek na my papier,
maar my pen se ink voel duur.
Droewige woorde krap in my kop,
lelike gesegdes wys sy dop.
Haat in my hart,
maak kwaad in my kaak.
Ek soek na `n plek,
wat gister nie kon bied.
Êrens waar ek wil wees,
weg van die alledaagse vrees.
Ek sal weer myself kry
daar waar my siel wil bly.
My pen se laaste ink,
is nog ver van ophou blink.
3 Kommentare
-

Koos Elsum
Ons leer deur te ander te lees en kommentaar te lewer. Ek het onderneem om ń kommentaar telling teen 10% of beter vd aantal eie plasings te onderhou. Kan ek vra dat jy dieselfde doen en so die Ink ervaring vir almal te verryk.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2020 – OOP-projek