Jongste aktiwiteit:

Die pylvak se vuur

‘n Klein konsentrasie kom hurk in die kalk
en krap onbenullig ‘n sirkelgang
tot begrip ‘n fluitjie kom blaas in sy nek
en hy, soos die ander, deur die wind gejaag
skielik op ‘n dag die eindstreep gewaar
hy besef: ons leef in die pylvak se vuur
brandend vir ‘n wenstreep, vresend
die brutale finaliteit, die streep
wat opdoem uit die duister

en hy weet hy moet leef
asof alles          asof niks
saak maak




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed